• Posted In Gebed
  • May 8, 2020

Elke jaar berei ons as kerk op ‘n spesiale manier voor vir Pinkster.

Al die kerke van Durbanville bid vir 10dae – van 21 Mei,
Hemelvaart en tydens Pinkster by die D4J (Durbanville 4 Jesus) gebedskamer by El-Shaddai .

Hierdie jaar gaan dinge bietjie anders lyk . Die D4J gebedskamer gaan na JOU toe kom. Daar word op die oomblik ‘n pakket bymekaar gestel sodat jy jou tuiste as gebedsruimte kan inrig. Die idee is dan dat jy en jou huismense julle tuiste so omskep dat julle ‘n spesiale plekke het om vir 10 dae julleself by God af te sonder . Die gebedspakket sal aan julle beskikbaar gestel word.

Dit is 27 Mei Durbanville-Bergsig en Durbanville Gemeente se beurt om die “gebedskamer” in jou huis – met gebede te vul vir 24 uur . Indien jy en jou huismense bereid is om  ’n uur te bid op Woensdag, 27 Mei  laat weet Mizelle Prinsloo by 083 394 1101