Attie van Wyk behoeftelys

Attie van Wyk behoeftelys

  • Posted In Help
  • July 25, 2014

ATTIE VAN WYK SKOOL

Ons is tans besig en versoek ondersteuning met ‘n fondsinsameling vir die dringende opgradering van die skool se kleedkamers en rioolstelsel, en wil die publiek en Durbanville gemeenskap uitnooi om betrokke te raak met donasies en/of hulp in die vorm van produkte of dienste. Bel Nelda as jy wil betrokke te raak

Agtergrond:

Die Attie van Wyk Laerskool is ‘n plaasskool geleë net buite Durbanville langs die Philadelphiapad (M58), ongeveer 1km anderkant die ingang na die plaas Diemersdal.

Die skool is die inisiatief van Ds. Attie van Wyk, wat in 1974 begin is met fondse van die NG Kerk se Kersboomverkope.

Vandag het die skool ongeveer 2705 leerders vanaf Graad R tot Graad 7. Lidmate van Bergsig ondersteun die leerders deur elke Woensdagoggend Bybelklasse aan die Graad Gr 4 – 6 leerders aan te bied.

Langtermyn en toekomstige beplanning:

Gedurende die wintermaande en reënseisoen is daar slegs een afdak voor die hoofgebou wat tydens pouses en etes deur die leerders as skuiling gebruik kan word. Daar is dus ‘n groot behoefte aan ‘n saal vir die leerlinge, wat dan ook as ‘n ekstra leervertrek gebruik kan word om die kapasiteit van die skool tot graad 7 te kan uitbrei.

Sien aangeheg ‘n lys van ander behoeftes soos deur die skool benodig.

Behoeftelys Attie van Wyk