D4J 10 Dae van Gebed

D4J 10 Dae van Gebed

  • Posted In
  • May 5, 2017
  • NGK Durbanville-Bergsig
  • Likes

  • 02:45:34 - 23:45:34
  • 2017-05-25 - 2017-06-04

D4J 10 Dae van gebed 25 Mei -4 Junie
D4J koordineer weer die 10 Dae van gebed tydens Pinkster. 18 gemeentes van Durbanville bid van 25 Mei tot 4 Junie vir 24uur per dag in die El Shaddai Skool se gebedskamer. El Shaddai rig hulle gebedskamer vir hierdie geleentheid in en almal is welkom om gedurende hierdie 10 dae van gebed daar te kom saam bid. Daar is gebedsstasies en gebedsriglyne wat jou sal begelei. Die tema is volgens Josua 1:3 waar God vir Moses belowe het dat Hy vir Sy volk elke plek sal gee waar hulle gaan. Saam gaan Durbanville in El Shaddai gebedskamer bid dat God sal regeer in ons huise, besighede, dorpe, land en wêreld en daarna moet elkeen uitgaan in Durbanville en by verskillende plekke gaan bid.

Daar is elke dag ‘n kerk gekoppel aan die gebedskamer, wat moet sorg dat daar elke uur vir 24 uur ‘n persoon in die gebedskamer is. Bergsig is verantwoordelik vir 26 Mei en jy kan jou naam op die lys in die binnehof skryf indien jy vir ‘n uur wil betrokke wees.