FAMILIE FLIEK-AAND 18 Jan 18:30

FAMILIE FLIEK-AAND 18 Jan 18:30

  • Posted In
  • January 14, 2019
  • Durbanville-Bergsig
  • 1 Likes

  • 18:30 - 21:30
  • 2019-01-18 - 2019-01-18


Ons gaan ’n familie fliek-aand hê op die 18de Januarie (met springmielies en alles) om die jaartema rakende Triniteit in te lei.
Ons gaan kyk na die fiksierolprent “The Shack” (dit dra wel ’n ouderdomsbeperking van 12 jaar). Teken solank die datum aan! Jonger as 12 sal opgepas word in die saal waar hul eie fliek sal speel.
Vir meer inligting kontak vir ds. Johan [email protected] of vir Liezl ([email protected])

Hiermee wens ons almal ook ’n voorspoedige nuwe jaar toe! Mag julle hier in Bergsig ’n geestelike tuiste vind waar jy geloofsgroei ervaar en die geskenk ook deel in jou leefkringe.

MEER OOR DIE TRINITEIT: LEWE IN SY LIG JAARTEMA ….

By Bergsig se jaarlikse leiersberaad in September 2018 is besluit (met baie gebed en saam gesels) dat Bergsig se jaartema vir 2019 “Lewe in Sy lig” gaan wees. Ons gaan veral die “Sy” leer ken: Vader, Seun en Gees. Hoe kan ons hierdie Drie-maar-tog een-God leer ken en beleef? Die klem dus op die Sy (van Sy ligdraers). In Epifanie spandeer ons ook tyd om dié Een te bestudeer.

In die eerste drie kwartale van 2019 wil ons graag stilstaan by die Triniteit aan die hand van Joe Thorn se boekie “Experiecing the Trinity.” Joe het die boek geskryf vanuit ʼn plek van diepe soeke na God tydens ’n krisistyd van sy lewe. Ons leer veral oor die karakter en eienskappe van die Vader, Seun en Heilige Gees ervaar. Op 27 Januarie begin ons met die eerste tema van Triniteit … VADER.
Ons gaan deur die jaar fokus op gebed en ingeoefen raak in die luister na Hom en na mekaar. Gebed is ons hooffokus in kwartaal vier en ons gaan saam deur Die Onse Vader werk.
“Experiencing the Trinity” is in gemaklike leestaal geskryf en na elke karaktertrek van die Vader, die Seun en die Heilige Gees wat mens deurwerk voel dit of jy ʼn bietjie nader gekom het aan hierdie wonderbaarlike, almagtige, heilige God wat ʼn verhouding met ons wil hê.
Ons het die vrymoedigheid om julle as Bergsig lidmate wat saam met ons op hierdie ontdekkingsreis wil gaan, te vra om hierdie boekie aan te koop.
Die boekie sal op 13 Januarie 2019 in die Binnehof te koop wees teen R60. Daar is ook ʼn selfvertaalde Afrikaanse, elektroniese weergawe vir die wie dit verkies en ons kan dit e-pos.
Daar is ook by ‘Christian Audio’, ʼn audio weergawe van die boek te koop, volg die skakel

https://christianaudio.com/experiencing-the-trinity-joe-thorn-audiobook-download