Gespreksgroep: Selfdegeslagverhoudinge

Gespreksgroep: Selfdegeslagverhoudinge

  • Posted In
  • October 22, 2015
  • Durbanville-Bergsig Kerk
  • Likes

  • 17:00:00 -
  • 2015-11-08 - 2015-11-08

Die onlangse sinode besluit oor dié saak is wyd in die media gekommunikeer en bespreek. Uiteindelik moet Kerkrade leiding in gemeentes gee rondom die toepassing in eie verband.

Die Dagbestuur het op 20 Oktober op die volgende proses besluit:

  • Bergsig het die Sinode se verklaring en pastorale brief op 11 en 18 Oktober versprei en dit is op die webblad beskikbaar sowel as by die kerkkantoor.
  • Wanneer finale sinode dokumente beskikbaar is word dit bekendgemaak en versprei.
  • Die Leer en Aktuele Sake kommissie hou bespreking en nooi belangstellendes uit.
  • Twee geleenthede vir lidmaat insette en vrae word belê vir Sondag 1 en Sondag 8 November, om 17:00 by die kerk.
  • Op 9 November kom Leer en Aktueel en Dagbestuur byeen in ‘n poging om ‘n standpunt te formuleer.
  • Op 10 November formuleer Dagbestuur ‘n standpunt wat op 16 November aan die volle Kerkraad voorgelê word
  • Hierna sal die Kerkraad verder rigting verleen.

Ons erken dat daar diep-liggende verskille bestaan en wil daarom die proses deursigtig met respek en deernis hanteer.

Ons vra lidmate om die proses te ondersteun en nie oorhaastige uitsprake te maak, of besluite te neem nie.