Getuienisweek 28 Jul – 31 AUG 2019

Getuienisweek 28 Jul – 31 AUG 2019

  • Posted In
  • July 25, 2019
  • Durbanville-Bergsig
  • Likes

  • 8:15 - 12:00
  • 2019-07-28 - 2019-07-31

Alle temas word in Engels aangebied deur broer Marko

Tema: GETROUHEID / FAITHFULNESS = OM NA DIE PREEKREEKS TE LUISTER KLIK HIER

28 Julie: God is getrou / God is faithfull (Oggend 8:15 & 10:00)
28 Julie: Getrou aan God / Faithfulness to God (Aand 18:00 )*
29 Julie: Getrou aan jou familie / Faithfull to your family (Aand 19:00)*
30 Getrou aan jou roeping / Faithfull to your calling (Aand 19:00)*
31 Getrou tot die end / Faithfull to the end (Aand 19:00)*

*Let wel: elke oggend 9:30 vanaf 29 – 31 Julie word die vorige aand se tema herhaal vir persone wat nie in die aand die getuienisweek kan bywoon nie.

Wie is Brother Marko – ‘n bekeerde Moslem wat in Suid-Afrika die Westerse kerke ‘n “wake up call” gee.

KINDERS OOK WELKOM! Glowkidz Getuienisweek

As jy gedink het dié jaar se kinderpret is op ys tot Kersfees, dink weer! Ons Glowkidz gaan die jaar met Getuienisweek die geleentheid kry om prakties en speel-speel te leer hoe ons as gemeente ons sendingopdrag lééf. Daar gaan elke aand iemand by die kinderdiens kom kuier wat gaan vertel wat in die uitreikprojekte gebeur. Ons gaan ook elke aand vir ons kinders geleentheid gee om iets te maak wat ons kan weggee of gebruik om ander se lewens beter te maak. Terwyl die ma’s en pa’s in die ouditorium gaan luister en leer, kom ons in die saal bymekaar om ook te luister en leer – maar op die lekker manier!! Bring dus jou ouers, gaan gee hulle af by die grootmenskerk en kom deel in die pret. Jou maatjies en jou maatjies se maatjies is ook welkom! Vir meer inligting kontak Stephanie by [email protected] of 083 2787111.