HEUNINGVLEI-CEDERBERG FAMILIE-VRIENDELIKE UITREIK 18-22 April 2019

HEUNINGVLEI-CEDERBERG FAMILIE-VRIENDELIKE UITREIK 18-22 April 2019

  • Posted In
  • April 3, 2019
  • Heuningvlei-Cederberge
  • Likes

  • 16:00 - 10:00
  • 2019-04-18 - 2019-04-22

Heuningvlei-Cederberge familie-vriendelike uitreik

Gesinne het baie keer die behoefte om meer interaksie met ander kulture te hê  en ook hul geloof te deel, maar weet nie altyd waar en hoe nie.

18-22 April 2019 bied so ‘n geleentheid vir gesinne in ‘n veilige omgewing.

Die familiekamp en uitreik strek oor Paasnaweek en sluit ’n Paasprogram in.

Hier volg meer inligting:

Paasnaweek Gesins-uitreik geleentheid

Datum: 18 -22 April 2019

Waar: Heuningvlei , Cederberge (naby Wupperthal) – N7 na Clanwilliam (212km), R364 Clanwilliam na Wupperthal oor Pakhuispas teerpad (42km), draai regs op grondpad na Wupperthal (net verby die Engelsman se graf) vir

25km, draai regs by Heuningvlei bordjie , hou net aan vir 11km.

Daar is mense wat met met klein plat karre tot daar ry, maar ons sou iets meer substansieels aanbeveel, wat net so klein bietjie hoër van die grond af is.


Doel
: Om Bergsig gesinne in n veilige omgewing bloot te stel aan ‘n uitreik

Verblyf:  Lodge/Backpackers of kamp

Kamer 1: Dubbelbed met enkelbed bo.

Kamer 2 en 3:   6 enkelbeddens elk

Kamer 4:  1 Dubbelbed en 2 enkelbeddens

Groot kombuis met 2 groot yskaste, stoof/oond en breekware.

Beddegoed word verskaf.

2 storte en 4 toilette – so die kamer is nie en-suite nie

Eet tafel met sitkamer

Kampplek is sommer so rondom die lodge, nie staanplekke soos by n oord nie. Kampeerders deel die ablusie- en kombuisgeriewe met lodge. Gebruik gas en solar waar kan, die krag trip gou as ketels en haardroeërs saam aangaan. Geen skadu of windbeskermings.

Koste: Kamers R140 per persoon per nag (R100 o/12)  , Kamp R200 per voertuig per nag

Verbode items: Elektronika (selfone/tablets/laptops) – daar is in elke geval nie opvangs nie.

Kamp program soos bevestig met Heuningvlei gemeente:

Arriveer Donderdag en vind jou rusplek – eie tyd kuier.

Goeie Vrydag:

08h00 het Heuningvlei n lydensdiens (wat ons kan bywoon) – deel van n reeks wat hulle doen

10h00 is die gesamentelike diens, (kan ons iets met die o/10s doen – crafty kids?) (die diens het n ouderdomsbeperking)

11h00 Treasure hunt – Bergsig gesinne span saam met Heuningvlei gesinne om leidrade te ontrafel om volgende leidraad op te spoor.

Res van die dag is ontspan, rondsnuffel, lag, eet en kuier

Aand gaan A Knight’s Tale gewys word in die saal vir almal – n NB fliek om te kyk om vir Saterdag se hoof-aktiwiteit voorberei te wees.

Saterdag

Oggend – Prepare for Battle

Middag – Let the Battle begin

Aand – Saam eet by Lodge (bring and share – die hele spul) – groot vuur

Sondag

10h00 gesamentlike diens (arende en hoenders) en gepaardgaande speletjie na diens

Res van die dag eie tyd

Aand wys Jesus film in saal.

Maandag

Eie tyd oppak en terug ry

Eie tyd

Donkiekar ritte

Stap en verken die asemrowende mooi landskap met boesman tekeninge of gaan swem in die (yskoue) swemgat.

Kinders kan outydse speletjie met Heuningvleiers se kinders leer speel (soos albasters).

Bring saam

Eie kos en drink goed – daar is lieflike fontein water

3 karton bokse (platgedruk en verf)

Navrae: Jaco van Vuuren 
[email protected]