JAARTEMA 2019

JAARTEMA 2019

  • Posted In
  • January 10, 2019
  • Durbanville-Bergsig
  • Likes

  • 8:15 - 12:30
  • 2019-02-24 - 2019-03-31
             VOORSPOEDIGE 2019 – MAG GOD ONS MIDDELPUNT WEES … ONS VERHEERLIK HOM

Die 2019 jaartema is: Lewe in Sy lig … gerig uit teksvers Johannes 1:1-5. Ons gaan veral die “Sy” leer ken deur die
Triniteit: Vader, Seun & Gees. Drie-maar-tog-een-God. Beleef en verheerlik saam met ons hierdie lewende God
wat ons aanbid.

    

Hiermee wens ons almal ook ’n voorspoedige nuwe jaar toe! Mag julle hier in Bergsig ’n geestelike tuiste vind waar jy geloofsgroei ervaar en die geskenk ook deel in jou leefkringe.

MEER OOR DIE TRINITEIT: LEWE IN SY LIG JAARTEMA ….

By Bergsig se jaarlikse leiersberaad in September 2018 is besluit (met baie gebed en saam gesels) dat Bergsig se jaartema vir 2019 “Lewe in Sy lig” gaan wees. Ons gaan veral die “Sy” leer ken: Vader, Seun en Gees. Hoe kan ons hierdie Drie-maar-tog een-God leer ken en beleef? Die klem dus op die Sy (van Sy ligdraers).

In die eerste drie kwartale van 2019 wil ons graag stilstaan by die Triniteit aan die hand van Joe Thorn se boekie “Experiecing the Trinity.” Joe het die boek geskryf vanuit ʼn plek van diepe soeke na God tydens ’n krisistyd van sy lewe. Ons leer veral oor die karakter en eienskappe van die Vader, Seun en Heilige Gees ervaar. Op 27 Januarie begin ons met die eerste tema van Triniteit … VADER.

Ons gaan deur die jaar fokus op gebed en ingeoefen raak in die luister na Hom en na mekaar. Gebed is ons hooffokus in kwartaal vier en ons gaan saam deur Die Onse Vader werk.
“Experiencing the Trinity” is in gemaklike leestaal geskryf en na elke karaktertrek van die Vader, die Seun en die Heilige Gees wat mens deurwerk voel dit of jy ʼn bietjie nader gekom het aan hierdie wonderbaarlike, almagtige, heilige God wat ʼn verhouding met ons wil hê.

Ons het die vrymoedigheid om julle as Bergsig lidmate wat saam met ons op hierdie ontdekkingsreis wil gaan, te vra om hierdie boekie aan te koop.
Die boekie is by die kerkkantoor teen R60 te koop. Daar is ook ʼn selfvertaalde Afrikaanse, elektroniese weergawe vir die wie dit verkies en ons kan dit e-pos.
Vra die Afrikaanse boekie gratis aan by [email protected]

Daar is ook by ‘Christian Audio’, ʼn audio weergawe van die boek te koop, volg die skakel

https://christianaudio.com/experiencing-the-trinity-joe-thorn-audiobook-download