KUILSRIVIEROPRUIMING

KUILSRIVIEROPRUIMING

  • Posted In
  • April 13, 2016
  • De Villiers rylaan bruggie (Sonstraalhoogte)
  • Likes

  • 08:00:00 - 10:00:00
  • 2016-04-24 - 2016-04-24

 

Liewe Eko-vriende
Volgens die kerkkalender vind ons volgende rivier skoonmaak plaas op Sondag 24 April 2016 vanaf 08:00 tot 10:00. Hiermee word julle as besorgde eko-liefhebbers spesiaal opgeroep om asseblief almal behulpsaam te wees. Ons ontmoet mekaar by die De Villierslaan bruggie oor die Kuilsrivier in Sonstraal (net af van Fairtreesweg) om 08:00. Parkering is op die grasoppervlakte by die bruggie. Bring asseblief hoede saam en drinkwater asook beskerming teen sonbrand. Bring ook handskoene saam en waterskoene as jy kan. Belangrik – nooi ook ander vriende saam wat besorg is oor ons watersitusie! Sien julle daar!
Vriendelike groete
Sydney
076 556 7398