The Amazing Race – Uitreike 1 Mei 2019

The Amazing Race – Uitreike 1 Mei 2019

  • Posted In
  • April 3, 2019
  • Durbanville-Bergsig
  • Likes

  • 09:00 - 14:00
  • 2019-05-01 - 2019-05-01

WONDER JY OOR ONS UITREIKBEDIENING?

Kleingroepe, families,
senior Bybelstudiegroepe kom wees deel van die Amazing Race op 1 Mei 9:00 tot 12:00.

Hierdie ontdekkingsreis gaan prettig wees, maar jou meer leer oor waar Bergsig se Geloofsgelofte-Offergelde spandeer word.

Kom word prakties deel van die ervaring.

Amazing Race:

Wat is dit? Die Amazing Race, is ’n pretroete wat gery gaan word om fondse in te samel vir Geloofsgelofte-Offers (GGO). Die hoofdoel is dat gemeentelede meer te wete kan kom oor Uitreikprojekte en ook fisies vier van ons projekte kan sien op hierdie roete.

Die duur van die reis is omtrent so 3 ure (9-12) en in totaal 50km. Dit gaan afskop by die kerk en ook weer eindig by die kerk.

’n Inskrywingsfooi van R100 word gevra. Die deelnamer kan self besluit aan watter projek in die GGO boekie sy inskrywingsgeld oorbetaal moet word.

Daar sal ’n keuse van vier verskillende roetes wees. Jy gaan een ry.  Daar is pryse te wen – by elke uitreikpunt sal daar ’n vraag of twee gevra word, waarvan die inliging in die GGO boekie beskikbaar sal wees. Die antwoordblaaie word ingehandig
by die eindpunt.

Verversings, wat ’n klein middagete soos ’n boereworsrol kan insluit, sal by die eindpunt te koop aangebied word.

Alle fondse wat ingesamel word die dag, gaan ten bate van projekte wat deur ons ondersteun word.

Om in te skryf kontak:  [email protected]