VELDTOG: Brand New (3de Kwartaal)

VELDTOG: Brand New (3de Kwartaal)

  • Posted In
  • September 7, 2017
  • NGK Durbanville-Bergsig
  • Likes

  • 09:00 - 12:00:00
  • 2017-09-17 - 2017-09-17

Brand new

Ons tema hierdie jaar by Bergsig is “Ons bou anders….” geskoei op Psalm 127.

In die derde kwartaal se veldtog genaamd “Brand: New” van Andy Stanley, gaan kyk ons weer na die oorspronklike “Brand” of “Handelsmerk” van die kerk.

Hoe het die oorspronklike kerk gelyk? Hoe het Jesus en Paulus daaroor gepraat? Is dit hoe ons vandag oor kerk dink of dit uitleef? Miskien is dit tyd om weer splinternuut te dink oor die kerk, veral gegrond op die oorspronklike bedoeling van kerkwees. Hoe lyk ons “han-delsmerk”?

Sentrale temas:
Godsdiens vs. Verhou-ding met Jesus;
“Kerk” as gebou vs. “kerk” as dissipels van Jesus;
Verdienste vs. die
Liefdesgebod / Genade;
Wettiesheid vs. Vryheid;
Kerklike-kultuur vs. Dissipelskap.

Aanbidding van God word gemeet aan die liefde vir ander mense.

Ons gaan ook die vier laaste Sondae van die preekreeks ons Bergsig waardes aansluit by elke preek, omdat dit so goed pas by die tema.

Oor Andy Stanley (skrywer van die reeks): onthou dat “North Point” waar hy bedien in Amerika regtig gefokus is op dissipelmaking en daarom preek hy nie net vir gelowiges nie, maar ook ongelowiges.

Jy sal agterkom dat die preke bietjie onortodoks en uitdagend voorkom maar onthou om al die sessies saam in geheel te luister en te oordink. Die groter prentjie gaan baie sin maak. Enige vrae aan Ds. Johan Els is egter welkom.

Al die sessies is gratis “aanlyn” beskikbaar om te kyk (http://northpoint.org/messages/brand-new/). As jy egter nie internet het nie kan jy gerus ‘n klank cd (MP3) of dvd (R20) by Juanita by die kerkkantoor afhaal.

Dit is geweldig belangrik dat julle die preekreeks as geheel verstaan. As jy dus ’n preek gemis het, luister op Bergsig se webblad na die preek of kyk aanlyn sodat jy die geheel kan volg.

Koninkrykstyd (die periode na Paasfees tot en met Advent): Andy fokus in hierdie preekreeks oor wat Jesus se oorspronklike splinternuwe verstaan van die kerk was in daardie tyd.

Die hooffokus van ware aanbidding is liefde vir ander, teenoor selfsug of blote leë godsdienstigheid.

Die rede hoekom ons tyd, talente, vermoëns, besittings en ’n dankoffer gee, is omdat God vra om ons naaste te dien vanuit respek, deernis, diens en dankbaarheid en hul so eerste stel bo onsself.

Die persoon langs jou is “Heilig” daarom gee ons intens om oor hulle wel-stand. Ook deur materieel te voorsien aan ander se behoeftes.

Ons loods dus die Koninkryksbestuursveldtog die jaar op 20 Augustus as deel van die “Brand New” veldtog.

Meld in die binnehof by Juanita Fourie (Kleingroepkoördineerder) aan as jy bereid is om ’n gasheerhuis te wees of as jy by ’n kleingroep
gedurende die veldtog wil inskakel.

Lees ook op FB oor die veldtog.