Vorming van nuwe kleingroepe

Vorming van nuwe kleingroepe

  • Posted In
  • April 13, 2016
  • Durbanville-Bergsig Kerk
  • Likes

  • 12:00:00 - 15:00:00
  • 2016-04-17 - 2016-04-17

Geestelike versorging vind in Kleingroepe plaas. Dit is ’n kring waar ons geestelike vraagstukke kan bespreek, maar mekaar ook kan ondersteun.

Ons dra ons kleingroepbediening in Bergsig op aan God ons Vader.

Ons nooi ook lidmate om IN TE SKAKEL BY ’N BERGSIG KLEINGROEP!!!

Juanita Fourie, die kleingroep-koördineerder en Ds. Johan Els reël vir 17 April na die oggend-eredienste ’n byeenkoms vir almal wat belangstel om in ’n kleingroep te wees maar nog nie is nie. By die geleentheid gaan ons mekaar beter leer ken en gesels oor die vorming van nuwe groepe.

Ons gaan ’n bring en braai hou. Lidmate bring eie vleis en drinkgoed en Bergsig ontvang jul met lekker slaaie, poeding en vure wat hoog brand.

Stuur ’n e-pos as jy die geleentheid wil bywoon:
[email protected]a (Ons sal graag wil weet hoeveel mense beplan om te kom sodat ons die regte hoeveelheid slaai kan bestel.)