Attie van Wyk Laerskool

Attie van Wyk Laerskool

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Attie van Wyk  Laerskool

Projekleier: Nelda Rousseau (083 235 1400) ([email protected])

Die Attie van Wyk Laerskool is ʼn plaasskool geleë net buite Durbanville langs die Philadelphiapad (M58), ongeveer 1km anderkant die ingang na die plaas Diemersdal.

Die skool is die inisiatief van Dominee Attie van Wyk wat in 1974 begin is met fondse van die NG Kerk Bergsig se kersboomverkope.

Vandag (2018) het die skool het ongeveer 306 leerders vanaf Graad R tot Graad 7.  Die personeel bestaan uit 14 Mense; 9 Onderwysers insluitend die Skoolhoof Mev Loggenberg wat onderrig gee, ʼn Administratiewe beampte, skoonmaker, opsigter en 2 dames wat kos maak vir die kinders.

Lidmate van Bergsig ondersteun  die leerders van hierdie skool  deur die voorsiening van weeklikse Bybelklassies aan die Gr R – Gr 7  leerders van die skool elke Woensdagoggend tussen 09:30 en 10:00.  Voorbidding word gevra vir volgehoue vrywillige betrokkenheid van gemeentelede om hierdie klassies aan al die leerlinge te kan aanbied.

Sedert 2014 word elke kwartaal afgesluit met ʼn verjaarsdagpartytjie vir al die leerlinge wie gedurende die betrokke kwartaal verjaar het. Die jaar word ook afgesluit deur die organisering van ‘n  pretdag  en die voorsiening van Bybels aan die Graad 7 leerders.

 Gedurende die wintermaande en reënseisoen is daar slegs een afdak voor die hoofgebou wat tydens pouses en etes deur die leerders as skuiling gebruik kan word.  Daar is dus ʼn  groot behoefte aan ʼn saal vir die leerlinge, wat vra vir dringende en gereelde voorbidding, finansiële steun en vrywillige betrokkenheid.