Coram Deo Pastoralesentrum

Coram Deo Pastoralesentrum

CORAM DEO OPLEIDING & PASTORALE SENTRUM

Die Coram Deo-kursus is ʼn twee-jaar akademiese toerustingsgeleentheid in pastorale narratiewe terapie. Dit bied ook meer as net teoretiese kennis in pastorale terapie en waarborg ook persoonlik, emosionele- en geestelikegroei. Die Coram Deo-kursus in pastorale narratiewe terapie, is ʼn Tukkies geakkrediteerde sertifikaatkursus. Die voltooiing van hierdie kursus, maak ook die deure oop vir verdere M-studies aan die Universiteit van Pretoria se departement van kontekstuele-studies. Durbanville-Bergsig is bevoorreg om hiervoor as opleidingsentrum te dien. Hiervoor is ons die Here innig dankbaar, aangesien dit nuwe dissipelskap-, emosionelegroei- en geestelikeversorgingsgeleenthede skep. Die inskrywingskoste is R8450 per jaar en is eenmalig of oor tien maande betaalbaar. ‘n Jaar bestaan uit 32, 3-uur weeklikse aanbiedings.

ʼn Kort samevatting van wat jy in hierdie kursus kan verwag, is die volgende: ʼn Omvattende hantering van wat is Narratiewe terapie, Die lees van die Psalms aan die hand van Walter Breuggemann se “Praying the Psalms”, die hantering van verskeie Narratiewe artikels, hantering van trauma, substansie-afhanklikheid, huweliksterapie en seksuele misbruik.

Aanbiedings vind op Dinsdagaande plaas. Inskrywings vir 2018 is nou oop. Coram Deo – Inskrywingsvorm 2018

Om in te skryf of vir meer inligting: Bel Liezl Loubser 021-9764106 (x106) of [email protected]

‘N KORT GETUIENIS:

Tweedejaar Coram Deo Narratieweberadingskursus studente gesels oor die Tukkies geakkrediteerde kursus wat by Bergsig Kerk aangebied word:

Die Coram Deo Narratieweberadingskursus is in lyn met hoe Jesus wil hê ons moet mense help. Alle mense het al ʼn pad gestap waar julle sukkel en seerkry. Deur die kursus leer Jesus mense om die Lig in die donkerte te soek en ‘n hele nuwe storie te skryf.

Die woord narratief beteken storie en daarom ondersoek ons stories deurmiddel van gevallestudies tydens die kursus. Ons kyk na ons eie storie, na mekaar se stories, leer bymekaar en ondersteun mekaar. Die interessantste is God se storie. Ons leer van Sy hart, plan, liefde en die plek wat narratiewe berading ook in Jesus se lewe op aarde gehad het.

Elke mens is die kenner van sy eie  storie. Die berader is net die luisteraar, wat saam met die persoon reis, deur die persoon te help om jul storie te dekonstruktrueer, die probleem te eksternaliseer en ‘n unieke uitkoms te ontdek. Ons werk op ‘n postmoderne manier, waar daar ander perspektiewe is, en myne is nie noodwendig die regte een nie.

Hierdie kursus haal jou uit jou gemaksone en skud bietjie jou fondasies. Geestelike groei vind juis daar plaas waar jy jou gemaksone agterlaat. Die berader is net ‘n instrument in God se hand wat ‘n persoon begelei op ‘n reis van genesing, met ‘n vooruitsig van ‘n nuwe gekose toekoms.