Die rol van kernwaardes in ekologie

Die rol van kernwaardes in ekologie

Een van Bergsig se kernwaardes is RESPEK.  Dit het ook beduidende betekenis vir aardversorging in die sin daarvan dat ons doelbewus respek moet toon vir God se skepping en hoe ons daarmee moet omgaan.  Die mees omvattende aspek van aardversorging is klimaatbeskerming.  Met alles wat reeds gedoen is en steeds gedoen word om aardverwarming te bestry, blyk dit dat mense oor die algemeen groter waarde heg aan onmiddellike materiële beloning eerder as om te belê in toekomstige lewens-kwaliteit.

Byvoorbeeld.  Sou jy liewer R5 000,00 nou vir jouself wil hê eerder as om R5 000,00 te belê in klimaatbeskerming?  Gesonde logika is voor die hand liggend – stop aardverwarming!  Ons is tog goed ingeligde mense wat wil optree in gemeenskaplike belang en terwille van toekomstige geslagte.  Minstens is dit hoe ons graag onsself wil sien.

Maar ongelukkig lyk die werklikheid baie anders.  Onmiddellike beloning is al reeds so diep in ons ingeprent deur die materialisme.  Ons leef gerief-likheidshalwe vir die hier en nou!  Op sigself nie verkeerd nie maar as dit sonder ‘n visie, ‘n beter toekomsverwagting, verantwoordelikheidsin en roeping as God se tuinier is, leeg en sinloos.

Die aarde het nie die mens nodig om te floreer nie – die mens het die aarde nodig om te floreer!

Om in te skakel by die bediening e-pos [email protected]