Fisantekraal Centre for Development

Fisantekraal Centre for Development

Bergsig is betrokke en ondersteun die Fisantekraal Centre for Development (FCD), ‘n Learn to Earn geaffilieerde gemeenskapsprojek in Durbanville, wat dit ten doel het om armoede en werkloosheid in Fisantekraal te help aanspreek deur toepaslike opleiding.Fisantekraal Centre for Development

Fisantekraal, ongeveer 10km noord-oos van Durbanville, verteenwoordig ‘n vinnig groeiende bruin en swart gemeenskap waar grootskaalse armoede, werkloosheid (dit word op ongeveer 70 tot 80% geraam), onvoldoende behuising, gebrek aan kundigheid en die afwesigheid van dienste aan die gemeenskap aangetref word. Dis ‘n gemeenskap in groot nood op die drumpel van Durbanville.

Verteenwoordigers van verskeie kerke van Durbanville het gedurende 2007 saam besin oor hulle betrokkenheid in Fisantekraal en die mees sinvolle benadering vir die toekoms.  Kontak is in hierdie proses met “Learn to Earn” gemaak, wie se filosofie en fokus is om mense – veral werklose mense – sosiaal, ekonomies, emosioneel en geestelik te ontwikkel. Groot belangstelling in die Learn to Earn filosofie en wat hulle sedert hul ontstaan in 1989 in Khayelitsha en Hermanus bereik het, het daartoe gelei dat Learn to Earn besluit het om op ‘n affiliasie basis uit te brei.  Verskeie belangstellende groepe van elders in Suid-Afrika is tans besig om verdere onafhanklike Learn to Earn geaffilieerde ondernemings te stig en tot stand te bring, waarvan die Durbanville kerke / belangstellende groep een is.

Teen hierdie agtergrond het die Durbanville groep die “Fisantekraal Centre for Development” (FCD)  vroeg in 2008 as ‘n Learn to Earn geaffilieerde gemeenskapsprojek  gestig, met die doel om saam die nood van die inwoners van Fisantekraal op ‘n meer sinvolle wyse te begin aanspreek.  FCD het dit ten doel dat alle kerke van Durbanville en ander instansies mettertyd sal hande vat en hulle pogings saamsnoer om via hierdie gemeenskapsprojek ‘n positiewe verskil in Fisantekraal te help maak.  – “om die huidige benadering om visse aan mense uit te deel, te begin wysig na een wat hulle liewer sal help toerus en leer om self vis te vang”.

Die NGK Durbanville-Bergsig het besluit om ook by hierdie gemeenskapsprojek in te skakel en het FCD as een van sy Uitreik-projekte geregistreer.

FCD beoog om oor die volgende paar jaar ‘n  sentrum in Fisantekraal te vestig, vanwaar opleiding en ander verwante aktiwiteite bedryf sal word.

Gaan na: www.fisantekraal.org.za

Kontak Besonderhede
Stuur E-pos:Verna Esterhuyse – [email protected]
Tel: 021 976 4158 / 083 455 9495

2015-01 – Newsletter
2014-02 – Newsletter
2012-12 – Newsletter