Frontida

Frontida

Frontida Outreach (Thailand): André en Marina Olivier

Projekleier : Johann van Tonder (083 463 5050) ([email protected])

 André en Marina Olivier is al meer as vier  jaar voltyds  werksaam in die Sisaket-provinsie, Thailand.  Die bevolking in hierdie provinsie is ongeveer 1.5 miljoen, waarvan slegs 0.11% Christene is.  In die Kanthararom-distrik, waar hulle bly, is daar net 27 Christene uit 100 205 inwoners.  André en Marina is die enigste sendelinge in die distrik.

Thailand is wêreldwyd bekend as die “pinnacle” van Boeddhisme.  Immoraliteit, prostitusie, mense/kinder-handel en afgodsaanbidding is aan die orde van die dag.

Die bediening het eksponensieel gegroei en een resultaat was dat YWAM Thailand hulle genader het om die YWAM Sendingbasis vir Sisaket-provinsie te wees. Buiten evangelisasie is daar ook gereelde sending-opleiding, interaksie met alle kerke in die provinsie en gereelde seminare en kursusse wat aangebied word ten einde die Thai Christen-gemeenskap en ongelowiges meer effektief te bedien.

Die nuwe bedieningshuis is Baan Frontida gedoop.

Die daaglikse Frontida Outreach-bediening sluit in:

  • Vrywillige opleiding in Engels en grammatika by drie plaaslike skole.
  • Naskoolse interaksie met kinders onder die bedieningsnaam  “Frontida Kidz”.
  • Opleiding by die Sisaket Universiteit.
  • Weeklikse Bybelstudie by die plaaslike mark.
  • “Child Support Program” – ondersteuning van geïdentifiseerde behoeftige kinders.
  • Betrokkenheid by plaaslike gemeenskap in stryd teen kinderhandel.
  • Betrokkenheid by oprigting van eerste Christen-kleuterskool in Sisaket.
  • Sendinguitreike en evangelisasie na ander dele van Thailand.
  • Sending-ondersteuningsaksies – gebed en sosialisering met ander sendelinge.
  • Die uitleef van Christenwaardes teenoor die onmiddellike gemeenskap, plaaslike rolspelers en gemeenskapsleiers.
  • Kanselwaarneming en ondersteuning by verskeie kerke in die provinsie.
  • Maandelikse tronkbediening in Bangkok aan mede-Suid-Afrikaners.

Hulle kontakbesonderhede is : +66 95 048 6080 (WhatsApp) – e-pos – [email protected] en ook frontidathailand.blogspot.com  Posadres:  27/30 Moo 5, Tandon Doom, Kanthararom, Sisaket, Thailand, 33130