GLOW Kidz – Juniorjeugbediening

GLOW Kidz – Juniorjeugbediening

Die juniorjeugbediening word in twee verdeel: GLOWSPARKS 0-3 JAAR & GLOW KIDZ 4-12 JAAR


GLOWSPARKS – 0-3 jaar

BABA- EN KLEUTERFASILITEITE

Langs die dames badkamer oppad na die gallery is ’n lokaal ingerig vir ouers met babas tot een jaar.  Die erediens kan steeds gevolg word deur eenrigting glas.

Vir ons peuters (1-3 jaar) het ons ’n speellokaal agter die verhoog van die ouditorium.   Die lokaal is spesifiek ingerig vir peuters met ouderdomstoepaslike speelgoed en ’n familiebadkamer met ’n doekruilstasie (baba’s is ook welkom daar).  Die diens word uitgesaai na hierdie lokaal.  Ouers kan ook van ons oppasdiens gedurende die klassieke (8:15) en informele (10:00) diens gebruik maak in die lokaal.  Elke peuter sal ’n nommer ontvang sodat, indien nodig, ’n ouer gedurende die diens in kennis gestel kan word sou sy/haar kind hom/haar benodig.  Oppassers is vrywilligers uit die gemeente wat op hierdie manier dien. Die oppasdiens is ook tydens vakansies beskikbaar.


GLOWKIDZ 4 jaar – Gr. 6 (12 jaar)

Durbanville-Bergsig se juniourjeug/kinderbediening staan bekend as Glowkidz en kom elke Sondag om 10:00 (gelyktydig met die informele diens) in die saal bymekaar.  Ons bedien kinders van 4 tot 12 jaar deur ‘n erediens wat spesifiek op hulle gerig is.  Kinders beweeg tydens die diens na kleingroepe waar hulle saam met entoesiastiese groepleiers die Bybel ontdek en beleef op ‘n ouderdomstoepaslike manier.

Ons ouderdomsgroepe word as volg ingedeel:

4-5 jaar

 

Gr. R-1

 

Gr. 2-3

 

Gr. 4

 

Gr. 5

 

Gr. 6

 

Om die veiligheid van ons kinders te verseker word alle kinders in die saal ontvang en vandaar beweeg hulle in ‘n geslote gang na hul klasse.  Kinders keer weer na klas terug na die saal waar ouers hulle weer kan kom haal.  Lokale word gebruik soos op die skets:

Om kinders te registreer vir kategese, gebruik die skakel: http://bit.do/glowkidz.