HEUNINGVLEI-CEDERBERG FAMILIE-VRIENDELIKE UITREIK

HEUNINGVLEI-CEDERBERG FAMILIE-VRIENDELIKE UITREIK

Heuningvlei-Cederberge familie-vriendelike uitreik

Gesinne het baie keer die behoefte om meer interaksie met ander kulture te hê  en ook hul geloof te deel, maar weet nie altyd waar en hoe nie.

18-22 April 2019 het so ‘n geleentheid gebied vir gesinne in ‘n veilige omgewing.

Die familiekamp en uitreik het oor Paasnaweek gestrek en sluit ’n Paasprogram in.

Datum: 18 -22 April 2019

Waar: Heuningvlei , Cederberge (naby Wupperthal) – N7 na Clanwilliam (212km), R364 Clanwilliam na Wupperthal oor Pakhuispas teerpad (42km), draai regs op grondpad na Wupperthal (net verby die Engelsman se graf) vir

Doel: Om Bergsig gesinne in n veilige omgewing bloot te stel aan ‘n uitreik

Om nog meer foto’s te sien van die wonderlike naweek klik hier

Kamp program soos bevestig met Heuningvlei gemeente:

Arriveer Donderdag en vind jou rusplek – eie tyd kuier.

Goeie Vrydag:

08h00 het Heuningvlei n lydensdiens (wat ons kan bywoon) – deel van n reeks wat hulle doen

10h00 is die gesamentelike diens, (kan ons iets met die o/10s doen – crafty kids?) (die diens het n ouderdomsbeperking)

11h00 Treasure hunt – Bergsig gesinne span saam met Heuningvlei gesinne om leidrade te ontrafel om volgende leidraad op te spoor.

Res van die dag is ontspan, rondsnuffel, lag, eet en kuier

Aand gaan A Knight’s Tale gewys word in die saal vir almal – n NB fliek om te kyk om vir Saterdag se hoof-aktiwiteit voorberei te wees.

Saterdag

Oggend – Prepare for Battle

Middag – Let the Battle begin

Aand – Saam eet by Lodge (bring and share – die hele spul) – groot vuur

Sondag

10h00 gesamentlike diens (arende en hoenders) en gepaardgaande speletjie na diens

Res van die dag eie tyd

Aand wys Jesus film in saal.

Maandag

Eie tyd oppak en terug ry

Eie tyd

Donkiekar ritte

Stap en verken die asemrowende mooi landskap met boesman tekeninge of gaan swem in die (yskoue) swemgat.

Kinders kan outydse speletjie met Heuningvleiers se kinders leer speel (soos albasters).

Navrae: Jaco van Vuuren 
[email protected]

Ons bly, speel, drink lekker vars water en ontspan in ‘n ander omgewing. Families gaan oor kulture heen agterkom dat ons dieselfde Jesus se kruisiging en opstanding vier.

Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na ‘n stil plek toe en rus ‘n bietjie”

Markus 6:31