Kos vir Kersfees

Kos vir Kersfees

Kos vir Kersfees Kos en Kos-vir-Kersfeesprojek

Kontak: Uitreikekantoor – 021 976 4106 ([email protected])

Baie gesinne en individue in, en op die drumpel van, Durbanville ly daagliks honger a.g.v. werkloosheid en ander sosiale probleme.  Durbanville-Bergsig help om hierdie groot behoefte daagliks aan te pak, in medewerking met die drie naaste takkantore van BADISA – Bellcare, Kraaifontein en Scottsdene, deur die verskaffing van  nie-bederfbare kosvoorrade en kospakkies  volgens die fondse wat daarvoor beskikbaar gestel word. Gemelde Badisa-kantore versprei die kosvoorrade volgens hulle diskresie.  Hierdie kosvoorrade word vanaf gemeentelede ontvang, of aangekoop met kontantskenkings van gemeentelede vir hierdie doel.  Die behoefte word steeds groter en  ons vertrou ons hemelse Vader om die gemeente in staat te stel om in die toekoms op ’n steeds groter skaal tot hierdie projek te kan bydra.   Die kosnood bly steeds baie groter as die beskikbare bronne.

Elke jaar word die “Kos-vir-Kersfees”-projek gedurende November geloods waardeur Bergsig-gemeentelede finansiële skenkings maak vir die aankoop van ‘n kosvoorraad vir verspreiding aan behoeftiges voor Kersfees.