Kosprojek

Kosprojek

Baie gesinne en individue in en op die drumpel van Durbanville ly daagliks honger a.g.v. werkloosheid en ander sosiale probleme. kosprojekDurbanville-Bergsig help om hierdie groot behoefte daagliks aan te spreek, in medewerking met die drie naaste takkantore van BADISA-TRIO, -Kraaifontein, Bellville en -Scottsdene, , deur die voorsiening van nie-bederfbare kosvoorrade en kospakkies ten bedrae van reeds meer as R100 000 per jaar aan gemelde Badisa-kantore vir verspreiding volgens hulle diskresie.

Hierdie kosvoorrade word vanaf gemeentelede ontvang en aangekoop met kontantskenkings van gemeentelede vir hierdie doel. Die behoefte is baie groter en ons vertrou ons Hemelse Vader om die gemeente in staat te stel om in die toekoms op nog ‘n groter skaal tot hierdie projek te kan bydra.

Kontak Besonderhede
Stuur E-pos: Jan Nel – [email protected]
Tel: 083 457 1060