Lesotho: Semonkong-kinderhuis

Lesotho: Semonkong-kinderhuis

Lesotho: Semonkong Children’s Centre (SCC)

Projekleier: Jaco van Vuuren (021 979 2225) ([email protected])

Die SCC is naby die Maletsunyane-waterval geleë. Dit is in 2006 gestig om na weeskinders om te sien.  ’n Span van ses versorgers werk dag en nag om aan sowat 45 kinders se behoeftes te voldoen. Ons poog om die span elke Oktobervakansie te gaan ondersteun.  Ons doel is om verhoudings te bou met die personeel en liefde te bewys aan die kinders deur baie met hulle te speel en aktiwiteite met hulle te doen.

Hulle hoofborgskap het in 2017 tot ’n einde gekom en dit is behoorlik ’n geskarrel om die wa deur die drif te trek.

Bergsig is sedert 2015 betrokke by die opgradering van die kinderhuiseiendomme, met die doel om die ongebruiktes te omskep vir  “backpackers”, wat ’n inkomste vir SCC kan lewer.  Kom spandeer gerus jou vakansie hier.

Verder is daar met die hulp van die Snymans uitstekende oeste gelewer deur landerye wat Bergsig verbou het.  Daar is na raming genoeg kool, spinasie en ertjies vir al die kinders vir die jaar en genoeg voer vir hulle diere.  So leer en help ons hulle om selfstandig te wees.  Hier kan jy werklik jou  bydrae sien groei.

Hierdie is hoofsaaklik ’n jeuguitreik, maar gesinne is ook welkom om op ander tye te gaan.  Ons neem ’n dag om die natuur te beskou op ’n asemrowende staproete na die Maletsunyane-waterval.  Daar is ook geleentheid om op die Basotho-ponies te ry.  Daar is geen krag nie, maar wel soms lopende water en ‘n huisie, met ‘n spoeltoilet, om in te slaap.  ’n Ander huisie het krag en ’n stort.

Dit is heelpad teerpad soontoe.

Vind hier terugvoer oor die DESEMBER 2019 besoek – Feb 2020 Newsletter.