Lidmaatversorging

Lidmaatversorging

Durbanville Bergsig bied lidmaatversorging deur ‘n omvattende beradingsdiens aan.

Pastorale hulp

Hierdie vorm van hulpverlening word deur die leraars aangebied. Daar word gefokus op die geestelike en emosionele behoeftes van lidmate. Die leraars se inligting is op die kerk se jaarprogram beskikbaar of skakel die kerkkantoor.

Berading

Lidmate kan die noodlyn skakel of Bergsig911 e-pos gebruik. Ons doen verwysings na die relevante beraders wat beskikbaar is.

Bevryding

Hierdie diens word deur ‘n leraar of ‘n toegruste lidmaat aangebied in omstandighede waar demonisering/okulte/verslawing ‘n rol speel.

Maatskaplike hulp

Die maatskaplike werker hanteer hoofsaaklik die fisiese nood en omstandighede van lidmate.

Jeugbegeleiding

Die junior en senior jeugwerkers begelei die jeug t.o.v. geestelike groei en ontwikkeling en is goed toegerus om hulle by te staan.

Gebedsondersteuning

Ondersteuning word verleen deur die gebedsnetwerk van Bergsig. Voorbidding word gedoen deur ons gebedsketting. Jy kan ook deel word van die gebedsnetwerk, deur jou kontakbesonderhede te e-pos aan [email protected].

Ondersteuningsgroepe

Ons wil graag begin met ondersteuningsgroepe, bestaande uit lidmate wat al deur die smeltkroes van die lewe gegaan het, bv. egskeidings, rousmart, verslawing, depressie ens. Lidmate wat ‘n behoefte het om deel te wees van so ‘n groep maak gebruik van die [email protected] adres of skakel die noodlyn nommer 0711964191.

24 Uur noodlyn

Daar is ‘n 24 uur noodlyn beskikbaar vir almal wat dringende geestelike en emosionele ondersteuning benodig. Die nommer is 071 196 4191.

Bergsig911 e-pos

Hierdie skakel, [email protected], bied aan jou die geleentheid om per e-pos vertroulik ondersteuning/hulp/bystand te versoek. Jy kan in jou e-pos aandui of jy pastorale hulp, berading, bevryding, gebedsondersteuning, maatskaplike hulp of jeugberading benodig. Jy kan ook aandui of jy by ‘n ondersteuningsgroep wil inskakel.

Alle inligting word vertroulik hanteer.