Love Unveiled – Bediening onder Moslems

Love Unveiled – Bediening onder Moslems

moslembediening

Love Unveiled

Projekleier: Andre van der Westhuizen (074 330 4431) ([email protected])

Die doel van die Love Unveiled-projek is om die Evangelie van Jesus Christus aan Moslems bekend te stel en om bekeerde Moslems te ondersteun. Die fokus is die Moslems op ons voorstoep – in Durbanville en die Wes-Kaap – hulle wat langs ons woon, saam met ons werk en in baie gevalle, dieselfde taal as ons praat.

Tans is die bediening aktief betrokke by ‘n huis wat ’n veilige heenkome bied aan bekeerde Moslems wat vervolging ervaar.  Een van die doelwitte is om hierdie fasiliteit verder uit te bou en te ondersteun in hul poging om ‘n vaardigheidontwikkelingsentrum te stig.

Toepaslike lektuur is beskikbaar vir enigiemand wat graag meer te wete wil kom van Islam en hoe om Moslems te evangeliseer.  Daar word tans beplan aan ’n Moslem-evangelisasiebiblioteek by Durbanville-Bergsig.

Gebed vorm ’n integrale deel van hierdie bediening.  Bid gereeld vir spesifieke Moslems wat u ken, sodat hulle Jesus Christus as hul Verlosser sal ontmoet en wees beskikbaar om die liefde van Christus te deel.