Magdalena Huis

Magdalena Huis

Magdalena Huis is ‘n program van BADISA, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NGK en VGK.magdalena huis

Dit is ‘n tehuis vir ongehude moeders en die sentrum waaruit al BADISA se aannemings en herkoms navrae hanteer word.

Bergsig verskaf maandeliks kosvoorrade aan die huis en die Jubelvroue (Bergsig se Vrouediens) is baie betrokke by die versorging ten opsigte van toiletware, pajamas en ander benodigdhede.

Een van Bergsig se lidmate dien op die beheerliggaam en is baie nou betrokke met fondsinsamelings geleenthede en sulke oggende word gereeld deur Bergsig lidmate bygewoon. Baie van ons lidmate is veiligheidsouers vir die huis.

Die Vlytige Vrydag Vroue (omgeegroep) doen gereeld kreatiewe aktiwiteite met die meisies soos “scrapbooking”, brei en die maak van vilt borspelde. Dit help om gedagtes af te lei en entrepeneursvaardighede te ontwikkel.

Die tuin genoem, Garden of Hope, word gereeld deur individue in stand gehou. Die meisies ontspan hier en die rustige omgewing word ook deur maatskaplike werkers gebruik om terapeutiese onderhoude te voer.

Kontak Besonderhede
Stuur E-pos: Anneke Scholtz – [email protected]
Tel: 021 976 6480 / 083 462 1055