Tanzanie – Mission Aviation Fellowship (MAF) – Kirstein Combrink

Tanzanie – Mission Aviation Fellowship (MAF) – Kirstein Combrink

Tanzanië: Mission Aviation Fellowship  – Kirstein Combrink

Projekleier:  Gert Uys (082 807 4455) ([email protected])

Mission Aviation Fellowship (MAF) het ten doel om deur middel van logistiek en tegnologie die liefde van Jesus Christus na geïsoleerde gemeenskappe uit te dra deur in hulle fisiese  en geestelike behoeftes te voorsien.  Daardeur ondersteun hulle  die Kerk om die mees onherbergsame uithoeke van die aarde te bereik sodat elke knie sal buig en elke tong sal  erken: “Jesus Christus is die Here!”

In Tanzanië fokus MAF op maandelikse mediese uitreike na verskeie afgeleë gemeenskappe hoofsaaklik in die noorde en sentrale gedeelte van die land.  MAF verskaf die vervoer terwyl plaaslike hospitale die personeel en medisyne verskaf.  In samewerking met ’n Maasai Bybelskool help MAF ook maandeliks om evangeliste te vlieg om die Goeie Nuus te versprei.  Ons is ook besig om materiaal deur middel van Wifi Bybels te versprei waar basiese slimfone deesdae selfs in afgeleë gebiede te vinde is.

Die Combrinks is nou ’n gesin van vier en ten minste tot 2020 nog aan MAF Tanzanië verbind.  Kirstein is as Director of Operations and Chief Pilot verantwoordelik vir die dag-tot-dag uitvoering van die program en opleiding van die vlieëniers.  Hy is ook verantwoordelik om die aanloopbane in stand te hou en nuwes te ontwikkel.

Amelia se hande is vol met twee seuns. Sy beplan tuisonderrig en sal graag ook weer by musiekbediening betrokke wil raak.  Johann is nou al amper drie jaar oud en klein Louis is vinnig op pad na 6 maande.  Die Combrinks is ook betrokke by ’n kerkplant in die weste van Arusha waar baie buitelanders by internasionale skole en in toerisme werk en wat kerklos en kerkloos is.

Die Combrinks se behoeftes is materieel (finansiële bydraes) sowel as geestelik (gebed). Skakel gerus met die projekleier vir meer besonderhede.

MAF  –  Flying for Life.

Om die Mission Aviation Fellowship se webwerf te besoek klik hier – http://www.mafsa.co.za/.