New Beginnings

New Beginnings

New beginnings

New Beginnings-projek

Projekleier: Jackie Thiart  ( 021 975 5903 of 074 151 0622)   ([email protected])

New Beginnings is ’n projek van die Departement van Gesondheid.  Die projek het in  2011 afgeskop.

Die Huis is ’n residensiële fasiliteit vir langtermyn- psigiatriese pasiënte wat geen ondersteuningsbasis het nie. Die inwoners het spesiale sorg nodig as gevolg van hul psigiatriese siekte en liggaamlike verswaktheid.  Hulle het geen familie waarheen hulle uitgeplaas kan word nie. Baie van hulle is al meer as 20 jaar in hospitale.

Die missie van die projek is om ’n huislike atmosfeer vir die inwoners te skep. Die staat het a.g.v. ’n tekort aan fondse die instelling met slegs die basiese toegerus. Interaksie met die inwoners is ook vir ons van belang aangesien dit hulle laat voel dat daar mense buite die fasiliteit is wat van hul bestaan weet en omgee.

Die VVV-omgeegroep van Bergsig is betrokke by Saal 22  te Stikland, die tuiste van ’n gemengde groep mans en dames. Met behulp van fondse uit die GGO en skenkings was ons in staat om met die verloop van jare, die tuin te omskep, tuinbanke aan te koop en ’n braaifasiliteit te bou.  Binne het ons geverf, ’n televisie en DVD-speler aangekoop en tafeldoeke en ander dekoritems vir die ontspanarea bekom.

Die VVV besoek die inwoners op ’n gereelde basis waartydens ons handwerkaktiwiteite aanbied of speletjies met die inwoners speel.  Behoeftes van die inwoners word geïdentifiseer en sodoende is bv. tekkies, sokkies, mussies, en pantoffels aan inwoners geskenk wanneer benodig.  Tweedehandse klere vanuit ons gemeente sowel as tydskrifte word gereeld by hulle besorg.

Tydens besoeke word die pasiënte bederf met bv. roomys, Paaseiers, pannekoek, of hamburgers, ens.  Jaarliks word ’n potjiekosoggend aangebied m.b.v. ’n selgroep uit ons gemeente.  Die jaar word altyd met ’n heerlike Kersete afgesluit waartydens die inwoners elk ’n geskenkpakkie ontvang en die boodskap van Christus se geboorte aan hul oorgedra word met Woord en sang.

Enige hulpverleningsbehoeftes kan met die projekleier uitgeklaar word. Finansiële bydraes is ook baie welkom.