Kleingroepe

Kleingroepe

Ons nooi gemeentelede en nuwe intrekkers wat by Kleingroepe wil inskakel uit.

Bedieningsleier: Ds Johan Els, [email protected]
Kleingroepkoördineerder:  Liezl Loubser 021-976 4106 (106); [email protected]
Kleingroepadministrasie: Murray Steenkamp, 083 708 4235; [email protected]

Ons nooi u hartlik uit om in te skakel by ons KLEINGROEPE. Hierdie bediening het ten doel om Jesus Christus, die Lig vir die wêreld, te verheerlik.

Hoe kan ek inskakel?

Word deel van ‘n Kleingroep in 2019.

Individue, egpare, gesinne, vriendegroepe ensovoorts, kan hier registreer om deel te word van ‘n kleingroep by Durbanville-Bergsig NG Kerk.  Die indeling sal vroeg in 2019 plaasvind.

Kliek op hierdie skakel of scan die QR code: http://bit.do/registreer

Wat kan jy verwag?

Dit is die geleentheid waar meelewende en sorgsame gelowiges gereeld bymekaar kom om die Drie-enige God te verheerlik, gemeentelike betrokkenheid en betrokkenheid by die wêreld en sy nood te bevorder deur:

Bybelstudie, gebed en lofprysing.

Onderlinge liefde, ondersteuning en versorging.

Dienslewering: Identifisering van eie projekte of inskakeling by bestaande uitreikprojekte van die gemeente.

Ontdekking en aanwending van gawes.

Uitreik na ander insluitend kerkloses en kerkvervreemdes.