Pous Francis maak stem dik oor aardverwarming

Pous Francis maak stem dik oor aardverwarming

Die pous van die Rooms Katolieke Kerk het onlangs in ’n uitspraak baie duidelik gemaak wat sy standpunt is oor klimaatsverandering – ’n prioriteit vir 2015.  “We are experiencing a moment of crisis; we see it in the environment, but mostly we see it in man.  And the danger is serious because the cause of the problem is not superficial, but profound: it’s not just a matter of economics, but of ethics.  The Church has stressed this several times; and many say: yes, that is true but the system continues as before…”

Hierdie geestelike leier van 1,2 biljoen Katolieke lidmate het in die openbaar hierdie aankondiging gedoen.  Hy is ’n man van dade en volgens sy kantoor gaan dit binne die volgende paar maande opgevolg word met ’n pouslike dekreet oor klimaatsverandering.  ’n Pouslike dekreet is baie skaars en weeg baie swaar wat die gesag daarvan vir Katolieke betref.  Binne ons Protestantse konteks is dit omtrent gelykstaande aan ’n belydenisskrif.

Hierdie verwikkeling dui op die erns van ons omgewingskrisis maar ook op die erns waarmee gelowiges die omgewing moet respekteer (SAFCEI Nuusbrief, Feb 2015).