S.A.P.D Durbanville

S.A.P.D Durbanville

SAPD Durbanville

Projekleier:  Anniel de Lange (083 963 2427) ([email protected])

Bergsig-gemeente is alreeds etlike jare via hierdie uitreikprojek betrokke by  die Suid-Afrikaanse Polisiedienste (SAPD) in Durbanville.

Daar word jaarliks tydens Paasfees, Kersfees en Nuwejaar klein geskenkies (bv. Paaseiers, eet- en drinkgoed) ) met ’n toepaslike boodskap aan elke lid van die SAPD in Durbanville oorhandig.  Die SAPD-personeelgetal is tans ongeveer 150 (insluitend speurders en administratiewe personeel).

Sedert 2011 word daar jaarliks tydens Augustus ’n vrouedag vir die SAPD-dames gehou.  Die bywoning van hierdie gebeurtenis is baie goed en groei elke jaar. Dit het die verhouding tussen Bergsig-lidmate en die SAPD van Durbanville baie versterk.

Tydens spesiale geleenthede, soos algemene verkiesings, reik hierdie projek ook uit na SAPD-lede aan diens met die uitdeel van broodjies om hulle dienslewering gedurende langer as normale diensure ’n bietjie makliker te maak.

Die behoefte van hierdie projek is finansiële ondersteuning om die betrokke aksies te kan befonds.