Spekbome gee lewe

Spekbome gee lewe

Onlangse navorsing deur NASA oor weerpatrone het onteenseglik bevind dat menslike aktiwiteite die oorsaak van aardverwarming is. Dit is ’n deurbraak om politieke leiers te beweeg om strenger wetgewing in te stel om die oorsake van aardverwarming te bekamp.

Maar hoe kan gewone mense help om ’n bydrae te le-wer en ’n verskil te maak?  Een manier is om spekbome te plant!  Spekbome het die vermoë om as plant die meeste koolsuurgas uit die atmosfeer te onttrek en na suurstof om te skakel.  Die bome kan maklik van steggies gekweek word, groei maklik en is gehard.

Sal dit nie wonderlik wees as elke gesin in Bergsig minstens een spekboom in hulle tuin kan plant nie.  Indien jy meer wil weet van spekbome, hou hierdie spasie dop of kontak vir Sydney Saayman by [email protected]