BERGSIG VROUE – SUSTERSconnect

BERGSIG VROUE – SUSTERSconnect

SUSTERSconnect  

SUSTERSconnect geleenthede se fokus is daarop om ruimtes te skep waar vroue met mekaar op ‘n geloofsreis kan gaan.

Ons dink om op  ‘n geloofsreis te gaan beteken

  • dat die reis belangriker is as die bestemming;
  • dat die Gees nooit klaar is met ons nie;
  • dat die Gees verskillend met elkeen van ons besig is;
  • dat daar nie een antwoord is wat vir almal pas nie;
  • dat ons nie vir mekaar kan sê wat om te doen nie, maar slegs saam  kan luister;
  • dat elke vrou haar eie reis die beste verstaan.

In 2019 gaan ons op reis saam met ‘n aantal vroue van die Bybel. Wanneer ons saamkom, klim ons bietjie in die bybelkarakter se skoene en dan weer terug in ons eie skoene.

Ons luister na mekaar se stories en hoor hoe God met ons elkeen praat soos ons na mekaar en na vroue in die Bybel luister.

Ons glo dat ons vry word en ons plek vind wanneer ons só na mekaar en na God luister.

Kom reis saam met ons en ervaar hoe God jou vlerke los maak!

SUSTERSconnect
21 Febr (19:00-21:00) – Wonderlike reis deur die boek Rut met hooffokus op Naomie. Geskryf deur Riza van Rooyen. Klik hier Rut se skoonma.
16 Mei (19:00-21:00) – Ons reis saam met Ragab die prostituut wat deel is van Jesus se bloedlyn. Geskryf deur Riza van Rooyen. Klik hier RAGAB
18 Jul (19:00 – 21:00)
9 of 16 Nov Afsluit Kuieroggend