Thailand: Klasie en Ida van Heerden

Thailand: Klasie en Ida van Heerden

Thailand : Klasie en Ida van Heerden  

Projekleier: Gert Uys (082 807 4455)  ([email protected])

In 2010 word Klasie en Ida gevra om die Juniper Tree-oord in Chiang Mai in Thailand te kom bestuur vir drie maande.  Juniper Tree is ’n gastehuis wat uitsluitlik ten doel het om vir sendelinge wat in die Ooste werk, ’n plek te skep waar hulle kan kom rus en batterye laai.

In die tyd ervaar hulle die geestelike donkerte en verlorenheid van die Thai-mense en hulle verknogtheid aan die Boeddhisme – 94.5% van die Thai- bevolking is Boeddhiste.

Die Here lê dit op hulle harte om spanne na Thailand te neem op gebedsreise.  Van 2011 tot 2014 lei hulle verskeie gebedstoere na Thailand.  Aan die einde van 2014 verhuis hulle na Chiang Mai en is nog steeds daar betrokke by ’n wye reeks sendingorganisasies en -projekte.

Klasie en Ida bly voorbidders vir die redding van die mense van Thailand. Gert Uys, Bergsig se projekleier van hierdie projek, getuig hoe kosbaar dit vir hom was tydens ’n onlangse besoek aan Thailand, om te ervaar hoe Klasie tydens besoeke aan Thai-tempels en gebedshuisies, langs biddende Thai-mense staan en kliphard in Afrikaans bid dat die Here sal ingryp en hulle oë sal laat oopgaan.

Alhoewel Klasie en Ida nie ’n spesifieke bediening het nie, en waarskynlik nog nie  een persoon in Thailand direk na die Here toe gelei het nie, is hulle teenwoordigheid in Chiang Mai van kardinale belang as gevolg van hulle agtergrond, kennis en wye netwerk van mense en organisasies wat hulle ken.

Daarmee saam is hulle passie vir die evangelie en liefde vir Jesus so ’n sterk dryfveer en absoluut aansteeklik. Hulle werk is om die saad te saai.  God sal die mense tot bekering bring, maar dan moet hulle eers aan Hom bekend gestel word.

Bly vir Klasie en Ida in gebed opdra dat God hulle kragtig as instrumente in sy hand sal bly gebruik in Thailand.

Ryslande Thai