Uitreikbediening

Uitreikbediening

Bergsig se Uitreikbediening word bestuur deur ‘n Uitreik komitee wat oorhoofse bestuursverantwoordelikheid aanvaar.  Uitreike geskied deur ‘n wye reeks geregistreerde Uitreik-projekte, elk met ‘n projekleier wat leiding neem vir die bestuur van die projek.

Bergsig se Uitreikbediening word bestuur deur ‘n Uitreik komitee wat oorhoofse bestuursverantwoordelikheid aanvaar.  Uitreike geskied deur ‘n wye reeks geregistreerde Uitreikprojekte, elk met ‘n projekleier wat leiding neem vir die bestuur van die projek.

Die Uitreikprojekte verteenwoordig ‘n baie diverse reeks behoeftes wat aangespreek word deur ‘n fokus op woordverkondiging, evangelisasie, bejaardes, jeug, gestremdes, kinders uit disfunksionele omgewings, voedsel- en klere-voorsiening aan behoeftiges, mediese versorging en vele ander. Die Uitreikprojekte is  aktief binne gemeente-grense, in Durbanville en die Wes-Kaap, elders op die Afrika kontinent en tot aan die uithoeke van die wêreld.

Dit is ‘n doelwit van Bergsig gemeente dat lidmate se betrokkenheid by Uitreikprojekte (by wyse van voorbidding, deelname, dienslewering, praktiese steun, finansiële en/of emosionele steun) volgens hul gawes en belangstelling steeds sal toeneem.

Bergsig se Uitreike Koördineerder, Annamaré Visser, (Tel 021 976 4106 x103), speel ‘n belangrike koördineringsrol vir die gemeente se Uitreikbediening en kan ter eniger tyd  geskakel word vir enige inligting.  Kom vat hande met u mede-gelowiges in ons Uitreikbediening.