Dr. Kobus de Jager

Dr. Kobus de Jager

Dr. Kobus de Jager

Dit was nog altyd Kobus de Jager se droom om in sy laaste bedieningsfase te fokus op sy groot bedieningsliefde en spesialisasie: pastorale sorg.

Die droom kon deur die Here se beskikking nou waar word: Kobus het op 31 Desember op 60-jarige ouderdom geëmeriteer te Montagu en het op 1 Februarie begin werk as leraar vir die Seniorbediening in ons gemeente.

Huisbesoek is vir hom ’n hoë prioriteit, sowel as siekepastoraat, krisispastoraat en sterwensbegeleiding.

Kobus het sy Ph.D in narratief-pastorale terapie gedoen.

Kobus is 30 jaar getroud met Christelle. Sy is as maatskaplike werker opgelei. Sy het ook haar doktorale studie gedoen. Haar spesialisveld is spelterapie vir kinders met emosionele probleme. Sy was senior lektor aan die Universiteit van Pretoria en het ook ’n privaatpraktyk as kinderterapeut  bedryf. Hulle het twee seuns.