Ds. Johan Els

Johan Els

Ds. Johan Els

  • Leraar: Jeug, Kleingroepe, Evangelisasie, Aardversorging
  • 021 976 4106 (x114)
  • [email protected]

“Weet wie jy is in Christus.”

Ds. Johan Els is gebore in Durban in 1972 en is die vierde generasie van predikante in die NG Kerk. Hy matrikuleer by Durbanville Hoërskool in 1990 en het daarna B.Com studeer by die US Bestuurskool. Aan die einde van sy eerste jaar ontvang hy ’n sterk roeping van die Here vir voltydse bediening en begin in 1992 met sy B.TH Graad. Hy voltooi die graad by UWK waar sy pa, Prof. Pieter Els, ’n dosent in die Ou Testament was. Die jaar daarna is hy terug na die US vir ’n Honneurs in Filosofie (Post-moderniteit). Om fondse vir verdere studie te genereer gaan werk hy twee jaar by Audio Vision in die tuis teaterbedryf en voltooi sy B.D Graad in die teologie in 2000.

In Desember 2001 is hy voltyds bevestig as leraar van die NGK Bellville-Wes, ’n tradisionele gemeente met ’n baie hoë ouder-domsprofiel. Deur die jare is ’n pad van verantwoordelike vernuwing met die gemeente geloop, veral met die klem op die bemagtiging van leierskap en die aanwending van lidmate volgens hulle gawes. Die gemeente onwikkel ’n sterk missionêre karakter met ’n baie sterk fokus op die bediening aan die middestad van Bellville. Bedieninge wat gerig is op die versor-ging van haweloses, vroue vasgevang in prositusie en vlugtelinge uit Afrika word gevestig. In 2012 plant Bellville-Wes ’n nuwe gemeente vir vlugtelinge van  Afrika wat in Bellville bly. Hy is tans die taakspanleier van “Vars Uitdrukkings” van kerkwees in Kaapstad, ’n kursus wat leiers toerus vir die ontwikkeling van nuwe geloofsgemeenskappe (kerkplanting).

Johan is beroep na Bergsig om betrokke te wees by Evangelisasie in Durbanville, die Jeugbediening en om die strategiese beplanning van die gemeente in samewerking met die predikantespan en kerkraad te realiseer.

Johan speel gholf, ry bergfiets en bly geïnteresseerd in tegnologie.