Annamaré Visser

Annamaré Visser

Annamaré is n geswore Boesmanlander! – gebore en grootgeword in Loeriesfontein, gematrikuleer in Calvinia en daarna gaan studeer by die Hugenote Kollege op Wellington. Sy het haar loopbaan begin in Postmansburg in die Noord Kaap, waarna sy vir 12 jaar in Ellisras in die Noordelike Provinsie gewoon het. Annamaré was al die jare nog in die welsynswereld dis haar passie in die lewe! Sy is getroud en die ma van twee seuns.

Annamaré is sedert September 2006 die maatskaplike werker by Bergsig. Die maatskaplike pos in Bergsig is nie die gewone maatskaplike pos soos die mense in die straat dit ken nie. Die fokus is meer op koordinering van dienste, koordinering van die gemeente se verskillende uitreik projekte (tans 30), inskakeling by die omgeebediening, voorkomende aksies, ens.

Wat maak Annamaré opgewonde? – Mense en die potensiaal wat in elke persoon opgesluit le. Dit is en bly altyd n uitdaging om mense te help om hulle gawes wat die Here aan hulle gegee het te ontdek en tot die volle potensiaal van hulself en die uitbreiding van die Koninkryk te gebruik.

Ek het eenkeer gelees, dat in die koudste winter, moet elke mens net n warm stofie he, wat binne in homself brand. Ek hoop en bid dat die Here my altyd sal gebruik as n stofie om warmte vir ander mense te gee dis die gebed van my hart!

Vir meer informasie oor Uitreike – Kliek hier>>