Ons verwelkom Dr. Kobus de Jager

Ons verwelkom Dr. Kobus de Jager

Dr Kobus de Jager en Christelle
Dit was nog altyd Kobus de Jager se droom om in sy laaste bedieningsfase te fokus op sy groot bedieningsliefde en spesialisasie: pastorale sorg.
Die droom kon deur die Here se beskikking nou waar word: Kobus het op 31 Desember op 60-jarige ouderdom geëmeriteer te Montagu en begin op 1 Februarie werk as leraar vir die Seniorbediening in ons gemeente.
Huisbesoek is vir hom ’n hoë prioriteit, sowel as siekepastoraat, krisispastoraat en sterwensbegeleiding.
Kobus het sy Ph.D in narratief-pastorale terapie gedoen.
Kobus is 30 jaar getroud met Christelle. Sy is as maatskaplike werker opgelei. Sy het ook haar doktorale studie gedoen. Haar spesialisveld is spelterapie vir kinders met emosionele probleme. Sy was senior lektor aan die Universiteit van Pretoria en het ook ’n privaatpraktyk as kinderterapeut  bedryf. Hulle het twee seuns.
Ons verwelkom die vriendelike paar in die gemeente. Stel julself gerus bekend by die verwelkomingstee na elke erediens.
Ryke seën en voorspoed vir julle, Kobus en Christelle!