EREDIENSTE & PREKE tydens noodtoestand

EREDIENSTE & PREKE tydens noodtoestand

  • Posted In Preke
  • May 8, 2020

10 Mei 2020 om 9:00 aanlyn op YouTube Dr . Kobus de Jager.
Tema: Kies Wysheid
Teks: Jos 24:13-18 & Spreuke 15&16

Lees die teks solank deur en bepeins dit.

Regeneration Tieners ook 18:00 aanlyn op YouTube met Arno Mattheus
Reeks: God hou die wêreld in Sy hand.

YouTube regstreekse uitsending skakel.


In lyn met die president se afkondiging van ’n noodtoestand en die verbod op byeenkomste groter as 100 mense moet ons, soos talle ander kerke nuut dink oor ons eredienste in die periode van 22 Maart tot 3 Mei . Die dagbestuur van die kerkraad het besluit dat ons geen eredienste in die kerkgebou gaan hou waar lidmate dit bywoon nie.

Ons gaan volhou met die regstreekse uitsendings (“livestream”) van die eredienste om 09:00 in die genoemde tydperk op ons YouTube kanaal.

Die oudio preke sal op die webwerf gelaai word soos gewoonlik .

Dope en begrafnisse word deur die afsonderingstydperk direk beïnvloed en daarom vra ons dat julle asb. met die bestuurder Pieter Henning sal skakel by: 082 766 7371

Enige ander reëlings sal getref word soos die tyd ons leer.