Frontida – Jan – Maart 2016

Frontida – Jan – Maart 2016

Liefste vrinne,

Nou ja, dit is ‘n nuwe jaar en menigte mense het nuwejaarsvoornemes en nog meer . . . . maar die Woord van God bly al vir derduisende jare dieselfde.  Al wat verander is die leering wat ons elke dag ontvang soos ons onsself verdiep in die studie daarvan.

Kersfees 2015 . . .

Ons het vroeër in 2015 met julle gedeel dat ons vir eers  nie oor kersfeestyd saam met ons geliefdes en familie in Suid Afrika kan deurbring nie agv ons visums hernuwing wat begin Februarie is.  Dus het ons ons eerste kersfees hier in Thailand gevier saam met die gemeenskap van Kanthararom.  Ons loof en prys die Here vir ‘n gelooflike tyd, ervaring en deelname aan die afgelope kerstyd wat ons beleef het.  Ons het drie kersfunksies gehad waarin ons die ware betekenis van kersfees kon deel en luister nou fyn . . . ons kon vir 92 kinders en individue ‘n toegedraaide kersgeskenk gee.  Ons prys die Here vir Sy voorsiening, bederf en liefde wat Hy, nie net vir ons nie, maar wel ook vir die verlorenes toon.  Ons het soveel getuienisse om te deel rondom die kerstyd wat verby is dat om dit op papier vas te sit sal nie die getuienis sy gelooflikheid regverdig nie.  Dankie vir elkeen van julle se gebede, bydraes en ondersteuning wat gegee is.  Ons waardeer dit opreg.

Fantastiese nuus . . .

Ons het julle vertel van die bedieningshuis (Ban Frontida) wat God vir ons beskikbaar gestel  het einde November 2015.  Stadig maar seker is ons besig om die huis reg te ruk en te omskep in ‘n bedieningshuis van waaruit ons werk.  In Desember het ons die nuus ontvang – ons is gevra (sonder dat hulle geweet het van die huis) van YWAM Thailand of ons (Frontida) nie die YWAM Basis vir die Sisaket provinsie sal wee shier in Thailand nie.  Ons is so opgewonde hieroor want dit maak soveel deure vir ons oop.  Nou ja, die verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan is die belangrikste maar ons weet dit kom van God af en ons voel so “honoured” om deur Hom gekies te word om Sy YWAM basis te wees hier in Sisaket.  Baie, MAAR BAIE werk lé nou voor en ons sien so uit daarna om Sy Koninkryk’s werk verder uit te brei hier  in die Sisaket provinsie van Thailand.

Ongesteldheid . . .

Ons het so bietjie deurgeloop die laaste maand met verskeie mediese ongesteldheid.  Marina se rugpyn is al baie beter maar sy kry gereeld nog erge pyn in haar linker heup en skouer.  Verskeie voorgeskrewe medikasies is al gebruik, fisio sessies en nog meer maar iewers is daar iets nie lekker nie.  Die Dr’s hier probeer nog die “legkaart stukkies” aanmekaar sit.  Ek het erge nier en urineweg infeksie gehad. (Gelukkig nie nierstene gewees nie). Nie ‘n baie lekker gevoel gewees  nie.  Twee kursusse van antibiotika, galonne water en rus het na twee weke die stryd gewen.  Dankie vir almal se omgee besorgtheid en gebede.

Tuis besoek na Suid Afrika . . .

Ons is bevoorreg om vir twee maande lank ons familie, vriende, ondersteuners en nog meer in Suid Afrika te gaan besoek.  Ons land 29 Februarie  en sal beskikbaar wees vanaf  6 Maart tot 28 April. Ons vlieg weer 2 Mei terug Thailand toe.  Indien daar van julle is wat graag ‘n koppie koffie saam met ons wil geniet en sommer net lekker gesels wil ons julle graag nooi om ons te kontak per epos ([email protected]) of whatsapp vir Marina op +66949802311 of +27832357296  sodat ons ons dagboek kan aanvul.  Ons het alreeds verskeie afsprake vir kuier en gesels.  Ons weet dit klink nou so formeel en dit is nie hoe ons is nie maar ons tyd is net so kort en wil graag soveel moontlike kuier en geselstyd inwerk. Ons voorlopige datums om Gautang te besoek is 29 Maart tot 4 April. Ons gaan per motor reis (vanaf Kaapstad) en sal graag vir koppies koffie oppad wil stop om hello te sé.

Gebedsversoeke:

  • Vrinne, ons vertrou nogsteeds op God vir die motor wat ons benodig.   Ons sal julle gebede vir Sy guns en voorsiening regtig waardeer.
  • Bid asseblief vir ons voorbereiding vir ons tuis besoek aan Suid Afrika.  Soveel reëlings die kant moet getref word sodat die huis en bedieningshuis versorg (tuin ens) word tydens ons afwesigheid
  • Bid asseblief vir die kinders hier by ons wat so maklik vasgevang word in “Human Trafficking.”  Bid asseblief dat God hulle sal bewaar van die epidemie wat wêreldwyd maar ‘n GROOT probleem is. Veral tydens ons afwesigheid hier in Kanthararom gedurende Maart/April.

Onthou ook dat julle ons kan volg op Facebook onder – FRONTIDA OUTREACH en ons blog –FRONTIDATHAILAND.BLOGSPOT.COM

Julle is ons ondersteuners en ankers in gebed.  Dankie dat julle ons in staat stel om met ons bediening, Frontida Outreach, die Evangelie te kan verkondig hier in Kanthararom, Thailand.

Die Here van die oeste sëen elkeen van julle ryklik.

 

Liefde

André & Marina Olivier

 

Bank details:

Frontida

Capitec Bank

Savings acc 1317286438

Branch code 470010

or for International Donations

Andre Olivier

Bangkok Bank Public Company Limited

Savings acc 4870604313

Swift code BKKBTHBK

Vir meer inligting oor die projek klik hier>>