Frontida – Oktober 2016

Frontida – Oktober 2016

Liefste vrinne,

Josua 1:9 ‘My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moeinie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan’

Marina in Suid Afrika . . .
Marina is in Suid Afrika (Kaapstad) vir die geboorte van Jean-Mari en Gavin se eersteling (ons derde kleinkind). Sy keer weer terug na Thailand toe op 7 November. Sy doen ook heelwat amptelike bedieningstake soos nodig. Ons is God dankbaar vir die geleentheid en sien vreeslik uit na die bulletjie se geboorte.

Frontida Kids . . .
In die Thai kultuur bly geweldig baie kinders by ouma en oupa terwyl ouers iewers elders werk in ander stede of provinsies. So is daar van ons kindertjies wat ook so bly. Drie van ons kinders wat by hul oupa en ouma gebly het bly nou weer by ‘n tante en ander familie lede buite Kanthararom. Ons mis hulle vreeslik maar ons kan niks aan die saak doen nie. Een van die gevalle is ‘n baie hartseer verhaal wat “ons vies maak” maar nou ja, die Thai kultuur is sy kultuur al verstaan ons soms en soms nie. Ons bid net vir hulle veiligheid en vrede. Andersins gaan dit goed met die kinders. Die skole het nou weer ‘n twee weke breuk so hopenlik sal die kinders bietjie meer tyd by Ban Frontida kan spandeer.

Sisaket Rajaphat Universiteit . . .
Die universiteit het my (Andre) genader en gevra of ek nie op ‘n Dinsdag middag en Donderdag oggend sal kan help met die leering van gevorderde Engelse klasse nie. Dit is vir derde jaar studente. Die universiteit weet wie ons is en wat ons doen en hulle het gesê ons kan die Evangelie deel op kampus na afloop van klas en meer. Dit is fantastiese nuus en ‘n wye oop deur wat oop is. Ek bid nou net vir leiding van die Heilige Gees ten opsigte van hierdie geleentheid.

Imagine Jeug Beweging . . .
Die datum van die Kanthararom Imagine jeug kamp is 10-12 Desember. Ons beplan om ‘n groterige kamp aan te bied waar ons twee van ons buurt provinsies ook uitnooi. Ons het ‘n begroting vir die drie dae uitgewerk wat R300 per kind sal uitwerk (dit sluit in vervoer, akkommodasie, al die etes, koeldranke, versnapperings en materiaal benodig vir die kamp). Bid asseblief saam met ons dat God die nodige fondse sal voorsien wat benodig word ten einde die kamp moontlik te maak. Dit sal ook die Imagine Kids beweeging van Suid Afrika se eerste Internasionale byeenkoms wees. Indien jy gelei voel om n kind (ers) te borg vir hierdie geleentheid, kan bydrae in onderstaande bankrekening in betaal word met verwysing ‘Imagine’

Maandelikse Tronk bediening . . .
Met “Jan” en ‘Koos” gaan dit goed hier. Onder moeilike omstandighede gaan hulle goed aan.

Beskerming van kinders . . .
Laas maand het ons ‘n vergadering met verteenwoordigers van vyf plaaslike skole, twee kerke van Sisaket, plaaslike gemeenskapsleiers van Kanthararom om die erns van ‘n “Child Protection Program” aan hulle bekend te stel. Tans is ons nou weer besig met ‘n twee dae lange werkswinkel rondom die saak. Ons werk saam met “Ruamchatai4Ubon” (‘n divisie van Scandinavion Pentacostel Mission) wat die program loods. ‘n Mens kan die uitroep vir hulp hoor by individue en ons kan nou net bid vir die Heilige Gees se lyding van hoe ons verder te werk moet gaan hiermee.

Gebedsversoeke:

  • Bid asseblief vir die Child Protection Program om die impak wat dit alreeds hier in die Isaan het ook ‘n verdere impak sal hê in Kanthararom en omgewing.
  • Bid asseblief vir die beplanning en befondsing van die Imagine Kids kamp vanaf 10-12 Desember 2016
  • Bid asseblief vir die plaaslike kerke en leiers vir leiding, insig en wysheid van Heilige Gees van hoe om hulle gemeentes met die waarheid van die Woord van God te bedien.

Onthou ook dat julle ons kan volg op Facebook onder – Frontida Outreach en ons blog –Frontidathailand.blogspot.com

Julle is ons ondersteuners en ankers in gebed. Dankie dat julle ons in staat stel om met ons bediening, Frontida Outreach, die Evangelie te kan verkondig hier in Kanthararom, Thailand.

Die Here van die oeste sëen elkeen van julle ryklik.

Groete

André & Marina Olivier

Bank details:

Capitec Bank

Frontida

Savings acc 1317286438

Branch code 470010

or for International Donations

Andre Olivier

Bangkok Bank Public Company Limited

Savings acc 4870604313

Swift code BKKBTHBK

 

Facebook: Frontida Outreach

Blog:         Frontidathailand.blogspot.com

Andre Olivier    – +66 (0) 9 5048 6080

Marina Olivier  –  +66 (0) 9 4980 2311

Postal Adress: 27/30 Moo 5, Tandon Dum, Kanthararom, Sisaket, Thailand, 33130