Durbanville Plaasfees

Wat is die Durbanville Plaasfees?

Dit is die een fees waar die groter gemeenskap byeen kom en ‘n lekker plaas atmosfeer kan geniet. Daar is stalletjies, kindervermaak, baie te ete en drinke, musiek en natuurlik plaasdiere.

Hunker jy met nostalgie terug na die dae toe jy op strooibale gesit, koeie geruik en die skape hoor blêr het? Dan is dit die fees vir jou. Net ‘n hanetreetjie buite die stad kan jy soos ‘n befaamde fynproewer pannekoek, poeding en potjiekos proe en by die stalletjies enigiets van juwele, konfyt en nog baie meer koop.

Ons is nou besig om voor te berei vir die fees wat D.V. op 14 Maart 2020 te Meerendal Wynlandgoed plaasvind.

Vir volledige opgedateerde informasie gaan na: www.durbanvilleplaasfees.co.za

Om na die foto’s te kyk klik hier.

Geniet die foto’s en stuur gerus terugvoer en navrae na plaasfees

Kaartjies beskikbaar by Computicket

0861 915 800 | www.computicket.com | www.computicket.mobi

Hoe raak ek betrokke?

Die beplanningsproses vir die jaar is reeds aan die gang en navrae kan gestuur word na plaasfees

FACEBOOK

Volg ons op facebook