Coram Deo Narratiewe Pastorale Beradings Kursus

CORAM DEO NARRATIEWE PASTORALE BERADINGS KURSUS

Die Coram Deo-kursus is ʼn twee-jaar akademiese toerustingsgeleentheid in pastorale narratiewe terapie. Dit bied ook meer as net teoretiese kennis in pastorale terapie en waarborg ook persoonlik, emosionele- en geestelikegroei. Die Coram Deo-kursus in pastorale narratiewe terapie, is ʼn Tukkies geakkrediteerde sertifikaatkursus. Die voltooiing van hierdie kursus, maak ook die deure oop vir verdere M-studies aan die Universiteit van Pretoria se departement van kontekstuele-studies. Durbanville-Bergsig is bevoorreg om hiervoor as opleidingsentrum te dien. Hiervoor is ons die Here innig dankbaar, aangesien dit nuwe dissipelskap-, emosionelegroei- en geestelikeversorgingsgeleenthede skep. Die inskrywingskoste word per jaar bereken en is eenmalig of oor tien maande betaalbaar. ‘n Jaar bestaan uit 33, 3-uur weeklikse aanbiedings.

ʼn Kort samevatting van wat jy in hierdie kursus kan verwag, is die volgende: ʼn Omvattende hantering van wat is Narratiewe terapie, Die lees van die Psalms aan die hand van Walter Breuggemann se “Praying the Psalms”, die hantering van verskeie Narratiewe artikels, hantering van trauma, substansie-afhanklikheid, huweliksterapie en seksuele misbruik.

Aanbiedings vind op Dinsdagaande plaas. Inskrywings vir 2020 is nou oop. 28 Januarie is die begin van die kursus tot 1 Desember.

Om in te skryf of vir meer inligting: Bel Liezl Loubser 021-9764106 (x106) of [email protected]