Veritas Bybelskool

Veritas klein

Ons is BAIE opgewonde dat die Veritas Bybel-skool weer hierdie jaar by Bergsig aangebied word.

Dit word tans in 26 lande aangebied en dra internasionale status. Die hooffokus van Veritas is om lidmate toe te rus met die basiese vaardigheid om die Bybel verantwoordelik te kan lees, van toepassing te maak in jou alledaagse lewe en bedieningsvaardighede te leer.

Jy kan verwag om geweldig te groei in jou verhouding met Jesus omdat jy God se stem baie duideliker leer onderskei vanuit die Woord.

Module 1 & 2 word by Bergsig aangebied op Woensdagoggende om 09:00-11:00  en Module 1 & 4 Woensdagaande 19:00 – 21:00 vanaf 12 Februarie. Module 4 word aangebied op Dinsdag-oggende om 09:00 – 11:00 vanaf 11 Februarie.

Die kursus strek tot Oktober. (Hou kalender dop vir af tye  oor langnaweke en vakansies.)

Die koste vir die hele jaar R450 pp & R700 per paar.

Kontak Ds. Johan Els vir verdere navrae by [email protected]

Inligtingspamflet by deure beskikbaar. Lees meer: www.veritascollege.org

Let wel:

Die groep wat Veritas 1-4 by Ds. Johan Els voltooi het se Bybellees-sessies gaan voort op ’n Dinsdag om 9:00 vanaf 11 Februarie 2020. Daar sal per whatsapp groep kommunikeer word.