Wat doen ons

Wat doen ons

Ons verkondig die Evangelie, getuig, aanbid en loof God Drie Enig.
Ons bedien die sakremente doop en nagmaal.
Ons ontvang gasvry, ontwikkel geestelike leiers, leer en rus toe.
Ons versorg geestelik, maatskaplik en ook die skepping.
Ons kuier saam.
Ons reik uit na die gemeenskap om bakens van hoop op te rig en in stand te hou.

JAARTEMA:  LEEF MET WAAGMOED

Ds. Johan Els

Is dit moontlik om met WAAGMOED te leef en dit nogal 24 uur ‘n dag vir 7 dae ‘n week #24/7?
Ons gaan in 2020 kyk hoe om dit te doen. Miskien moet ons jul hier laat met ‘n gedagte:

Waagmoed is om God se wysheid te kies bo wêreldse wysheid … en dit begin by Spreuke 1:7 Kennis begin met die dien van die Here …

Jy kan jou navrae hieroor rig in Januarie 2020 aan Liezl by [email protected].