SHILOH “GIFTS OF GRACE” KERS-PROJEK

SHILOH “GIFTS OF GRACE” KERS-PROJEK

  • Posted In Help
  • November 13, 2015

DRA DIE LIEFDE VAN JESUS OOR AAN ’N MINDERBEVOORREGTE KIND!

ShilohWil jy deel in die vreugde om Jesus se liefde oor te dra, daar waar dit nodig is?
Raak op die volgende maniere betrokke:
Bydrae per kind sodat elke kind dieselfde pakkie kan ontvang. Dit stel ons in staat om lekkers, kaaskrulle, koeldrank, vrugte ens. aan te koop. Om kostebesparing te kan beding moet die bestelling in geloof einde Oktober al geplaas word.
Finansiële bydraes kan by die kerkkantoor in ’n gemerkte koevert met jou besonderhede afgelaai word. Fondse moet asb voor einde November in wees: Vir EFT oorbetalings:
Shiloh Synergy, Eerste Nasionale Bank (FNB) Willowbridge, Takkode: 210655, Reknr: 62264338643
(verwysing: van en Xmas – verskaf asb kontakbesonderhede vir belastingsertifikaat) Registrasie  NPC nr. 2004/034268/08 en ten volle B-BBEE geregistreer.

Dit is een van die hoogtepunte van die jaar vir ’n minderbevoorregte kind.  Gebruik hierdie wonderlike geleentheid om uit te reik en ook fisies te help.

Kontak my en sit jou naam op die lys om te kom help.
Delene 021-981 8241 of
[email protected]