Mosambiek: Evangelisasie

Mosambiek: Evangelisasie

Mosambiek

Projekleier: Jaco van Vuuren  (021 979 2225)  ([email protected])    

Sedert 1994 is Bergsig betrokke in Mosambiek, veral deur ondersteuning en opleiding van ons susterkerk, die IRM.

Soos die suster volwassenheid bereik het,  was dit tyd vir haar om op haar eie voete te staan.  Dit is in 2017 verwesenlik toe sy haar eie evangeliste uitgestuur het na die onbereikte dele van Mosambiek en ’n  nuwe kerk geplant is.

Vir die toekoms is die noorde van Mosambiek, met Palma as fokuspunt, die teikengebied.  Hier is 95%+ Moslems of ander gelowe.

Bergsig is verantwoordelik vir drie predikante se onderhoud.  Bo en behalwe die daaglikse hindernisse van Moslem-teenkanting, is daar ook malaria en elke denkbare tropiese siekte.

Dit is ’n geestelike donker  geografiese area, waar lig moet skyn.

Geletterdheid is een van die voertuie wat die maklikste gebruik kan word vir evangelisasie en dit is hier waar alles nou bymekaar kom.

Andre en Anna-Marie Thiart is so 30km noord van Palma, in Quionga, naby die Ruvumarivier, wat die grens is tussen Mosambiek en Tanzanië.

Hier bevind hulle hul nou al vir 12 jaar, waar hulle onder die Makwes werk – ’n unieke groep van so 30 000 inwoners in die streek (5 000 in Quionga).  Sover ons weet, is net een gesin Christene, maar Simoa – die jong man van die gesin, is ‘n ywerige evangelis.  Die Thiarts het hom gehelp om ’n winkeltjie te begin om selfonderhoudend te wees.

Andre is ook baie betrokke by ondersteuning van die predikante en IRM.

Tydens ons besoek aan hulle in Julie 2017 is ’n kleuterskoolbehoefte geïdentifiseer as die beste metode van uitreik na die gemeenskap – deur die kinders na die ouers.  Moslemouers het geen probleem om hulle kinders na ’n Christenskool te stuur nie (daar is in elk geval niks anders nie).

Niks hiervan gaan gebeur nie indien ons nalaat om ons sendelinge in die noorde van Mosambiek – die Thiarts – te onderhou.

Facebook hulle by Makwe Missions of  www.gcx.org/Makwe_Mission.

Merk asb. u bydrae soos volg:

GGO Mosambiek (dan sal dit soos benodig tussen die aksies verdeel word)

GGO Mosambiek: Geletterdheid (skool en onderwysers)

GGO Mosambiek: Evangelisasie (predikante)

GGO Thiarts

 

Vorige algemene inligting en nuusbriewe:

Copy of Mosambiek Evangelisasie Begroting 2020_2021

Bergsig betrokkenheid by Evangelisasie in Noord-Mosambiek

Bergsig betrokkenheid by Mosambiek Evangelisasie sedert 1993

Gebedsbrief 9-2019 Afrikaans Makwe Mission Mozambiek September 2019

Mosambiek Evangelisasie Sept 2015
Mosambiek Evangelisasie projek nuusbrief Mei 2015

Verslag oor besoek aan Milange en omstreke Mei 2015
Mosambiek Evangelisasie projek nuusbrief 11_Sept_2014
Mosambiek Evangelisasie projek nuusbrief Okt 2013
Mosambiek Evangelisasie projek nuusbrief Mei 2013
Mosambiek Evangelisasie projek nuusbrief Maart 2013
Mosambiek Evangelisasie projek nuusbrief Des 2012
Mosambiek Evangelisasie projek nuusbrief Okt 2012
Mosambiek Evangelisasie projek nuusbrief Aug 2012
Mosambiek Evangelisasie projek nuusbrief Jul 2012
Mosambiek Evangelisasie projek nuusbrief Des 2010
Mosambiek Evangelisasie projek nuusbrief Aug 2010
Mosambiek Evangelisasie projek nuusbrief Jun 2010